
Sign up to save your podcasts
Or


Deel 1: Ruan en Franja het langs die verhoog grootgeword, en die binnewerke van ‘n ateljee al kleintyd leer ken. Tog sê hulle hulle is eintlik plaasjapies want hulle eerste lewensjare was op Gobabis in Namibië, en vandag boer hulle wanneer hulle nie optree nie. Franja en Ruan volg in ma Juanita du Plessis se suksesspore. Met soveel Du Plessis’s in die musiekwêreld het Ruan op die verhoognaam Ruan Josh besluit. Met of sonder die Du Plessis-van is vergelykings met hulle beroemde ma onvermydelik. Musiek is in hulle gene, en Juanita is die suksesvolste sangeres in Afrikaans. Hulle pa, Doepie, is al langer as 20 jaar haar, en hulle, se bestuurder. Tydens Henco se kuier by hulle, vertel Franja en Ruan wat hulle by hulle ouers oor finansies in die musiekbedryf, en ook buite die bedryf geleer het.
By RSGDeel 1: Ruan en Franja het langs die verhoog grootgeword, en die binnewerke van ‘n ateljee al kleintyd leer ken. Tog sê hulle hulle is eintlik plaasjapies want hulle eerste lewensjare was op Gobabis in Namibië, en vandag boer hulle wanneer hulle nie optree nie. Franja en Ruan volg in ma Juanita du Plessis se suksesspore. Met soveel Du Plessis’s in die musiekwêreld het Ruan op die verhoognaam Ruan Josh besluit. Met of sonder die Du Plessis-van is vergelykings met hulle beroemde ma onvermydelik. Musiek is in hulle gene, en Juanita is die suksesvolste sangeres in Afrikaans. Hulle pa, Doepie, is al langer as 20 jaar haar, en hulle, se bestuurder. Tydens Henco se kuier by hulle, vertel Franja en Ruan wat hulle by hulle ouers oor finansies in die musiekbedryf, en ook buite die bedryf geleer het.