Swak finansiële beplanning is soos om met nat hout te probeer braai. Met nat hout benodig jy meer vuuraanstekers om die vuur aan die gang te kry. Jy eindig gewoonlik met nat hout op as jy dit in kleinmaat by jou naaste vulstasie aankoop, omdat dit groen en vars afgesnyde boomtakke bevat. Dit lê dan net en sweet in die sakkie. Koop jou hout vroegtydig in grootmaat – sommer ‘n bakkievrag vol met ten minste 2000 stukkies hout op ‘n slag. Selfs al reën dit sal dit altyd droog word solank dit net nie groen hout is nie. Hoe vroeër jy begin spaar en hoe meer jy daarvan opstapel, hoe beter werk dit oor die langtermyn – nes ‘n stapel droë hout. Só sê Jan Braai…