Elke Dinsdagaand om agtuur op RSG hoor ons hoe hy die temalied van RSG Kuns speel. RSG-luisteraars versoek gereeld om veral sy Jim Muller-keurspel te hoor. Hy is ‘n boorling van Harrismith wat as jong mens sterk beïnvloed is deur ‘n besoek aan dié dorp deur die boeremusieklegende Nico Carstens. Hy het klassieke musiek aan die Universiteit van die Vrystaat studeer sodat hy vandag konsertinas, banjos en trekklaviere saam met simfonieorkeste op verhoë dwarsoor die land kan saamvoeg. Ná sy studies het hy Johannesburg toe verhuis en het by sy eerste werk by Club 58 in Hillbrow ‘n weeklikse betaling van R400 ontvang, waarvan hy R100 in aandele op die JSE belê het. Kom luister hoe so ‘n slim finansiële besluit Rocco de Villiers ryklik beloon het, en waarom hy sy hande sy Rande noem.