Henco Kruger gesels met ‘n sangpaar wat getroud is. Net soos ‘n raaf die grootste sangvoël is, is dit ook ‘n voël wat net een lewensmaat vir sy of haar lewe kies; netso het Lourens en Este Rabe mekaar vir die res van hulle lewe gekies. Lourens is hoogs geskoold in die wêreld van finansies en beleggings. Hy het na ‘n paar jaar in die korporatiewe wêreld dit vaarwel geroep sodat hy en Este The Bottomless Coffee Band voltyds kon bedryf. Hulle het onlangs die naam na Raaf verander. Dis interessant om te hoor hoe Raaf as onafhanklike kunstenaars, dit wil sê sonder ‘n platemaatskappy, hulle regmatige plek in die musiekbedryf opgeneem het.