Cintaine Schutte is ‘n bekende gesig op die verhoog en televisie, en ‘n baie bekende stem in RSG se radiodramas en boekvoorlesings. Aktrise-wees was nog altyd die enigste item op haar lysie van moontlike beroepe. Roem en rykdom is nie hoekom sy hierdie werk gekies het nie - geen akteur wat sy ken, doen dit vir die roem nie. Haar toneelwerk, flieks en stemwerk bevestig haar veelsydigheid as aktrise. Sy is net so veelsydig om vir haarself werk te skep, want reeds vroeg het sy besef niemand anders sal dit vir haar doen nie. Sy vertel wat sy geleer het by elkeen van die sterk en dinamiese vrouekarakters wat sy tot op hede vertolk het.