In die vorige episode het luisteraars aan die veteraanakteur en legende van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, Hans Strydom, se lippe gehang toe hy met Henco Kruger gesels het oor akteurs se plek in die finansiële wêreld. Henco sit sy gesprek voort met die akteur, wat ná 50 jaar steeds met groot sukses in die vermaaklikheidsbedryf staan. In Henco se wêreld van markte en finansies is Hans Strydom vir hom soos die swaargewig Naspers/Prosus van die vermaaklikheidsbedryf.