Spitstyd

Kuns met kontant 9 Julie 2025


Listen Later

Deel 1: Ruben Lambrechts is ’n hoëprofiel sosialemedia ster met meer as drie miljoen volgelinge. Cindy, sy bobbejaansuster, is die groot ster in elke videoplasing. Hy deel gereeld inhoud oor sy werk met weesdiere, en sy sosialemedia is ’n mengsel van avontuur, begeleide toere deur Namibië en reddingswerk met Cindy, wat as ambassadeur van al sy projekte optree. Hy plaas gereeld video’s van Vlakkie die vlakvark, Pennie die ystervark, die meerkatte, Minki en Jerry, en natuurlik Cindy, sy 30 jarige bobbejaansuster wat hom gereeld “masseer” in wat Ruben ’n “Afrika-spa” noem. As toergids en digitale inhoudskepper hou Ruben noukeurig boek van sy inkomste, uitgawes en spaardoelwitte sodat hy altyd weet waar hy en sy “sussie” finansieël staan. Cindy, wat daarvan hou om haar oor al die nuwe toevoegings tot die gesin te ontferm, is ’n herinnering dat ware rykdom nie net in jou bankrekening is nie, maar in die lewens wat jy raak.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

SpitstydBy RSG