Lam in Wolfsklere

Lam in Wolfsklere

Download on the App Store

Lam in Wolfsklere episodes

  • Episode 12: Goëlaars en towenaars
    Antoinette konkel agter Amie se rug met Gerhard wat tot ‘n verdagte SMS-boodskap lei. Amie besef sy moet onder haar ma se voete uitkom en oortuig Kobus om saam met haar na meenthuise te begin kyk. In die proses boor hy ‘n sensitiewe aar oop, en Amie word deur haar eie spoke gekonfronteer.
    26 min
  • Episode 11: Terug skool toe
    Teen middagete is Amie se senuwees rou. Hoe is dit moontlik? Sy was vas oortuig haar geluk het begin draai. Dat karma letterlik besluit het om die ander wang te draai.
    24 min
  • Episode 10: Die lig aan die einde van die tonnel
    Vir ’n oomblik sit Amie net na haar selfoon en staar. Toe sink dit in: Haar lewe is nie verby nie. Sy hoef nie vir ewig en altyd onder haar ouers se dak te woon nie. Sy hoef nie haar Nine West-skoene vir FitFlops te ruil nie. Sy is weer ’n praktiserende prokureur.
    27 min
  • Episode 9: Amie die informant
    Vandag vat sy haar tyd om hom op te som. Goed gesnyde pak, blink skoene, Rolex aan sy linkerpols. Net nog ’n wolf in skaapsklere. Sy sal haar kop op ’n blok sit die pak is ook Armani – Gerhard se gunstelinghandelsmerk. Gelukkig is sy nou wyser.
    20 min
  • Episode 8: Die wrede werklikheid
    Amie besef sy sal ‘n regte werk moet soek. Maar eers moet sy ‘n verwysing van VVV Ingelyf kry. Spesifiek van Gerhard. En dit beteken sy sal hom moet kontak. En Caro Marx wil haar spreek, oor ‘n koppie koffie. Oor Kobus, natuurlik niks anders nie.
    22 min
  • Episode 7: Kattemaai in Katelkaskenades
    Hemel, maar die man is aantreklik! Daardie effense stoppelbaard op sy vierkantige ken … Al Pacino was ook aantreklik in Scarface, Amie! Maar hierdie vreemdeling is so stylvol. Sy sluk. Die slegte ouens in Mafia-flieks trek mos so deftig aan.
    21 min
  • Hoe gaan dit met jou? VOORSKOU
    Kom luister saam na ons spesiale, mini-reeks gedurede die Corona-inperkingstyd. Ilse Salzwedel gesels met mense om uit te vind hoe hulle hulself en hul gesinne gelukkig en besig hou gedurende die onsekere tydperk.
    1 min
  • Episode 6: Die bye en die blomme
    Natuurlik het Kobus en sy broer ’n ingewikkelde verhouding; dit was al gister duidelik toe hy toegeklap het soos ’n mossel ná haar uitvraery. Sy moet minder nuuskierig wees.
    23 min
  • Episode 5: Verborge talente
    Kobus neem Amie se hand vol swart verfspatsels in sy pienk gespikkelde hand. “Kyk, ek ken jou eintlik glad nie, maar ek kan sien jy weet wat jy doen. Jy is net een van daardie raakvatmense. Tog is dit dalk nie ’n slegte plan om vir ’n rukkie iets anders te doen nie, weg van die uitmergelende lewe van law and honour.”
    21 min

About Lam in Wolfsklere

From the publisher's feed

In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons voor aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan…