Die organiseerders van die Landbou Konferensie sê die geleentheid sal volgende maand voortgaan ten spyte van die fase drie inperkings. Michael Iyambo, die Voorsitter van die komitee wat die konferensie reël sê die byeenkoms is krities. In 1990 het landbou 10 persent aan die land se ekonomie bygedra en tans is die bydrae net 4 persent. Iyambo sê die sektor moet weer opgebou word. Die komitee het volgens hom in Mei samesprekings gehou met beide die privaat en openbare sektore om ‘n agenda vir die konferensie op te stel. Die President van die Namibiese Landbou Unie, Piet Gouws, is ons gas...