Kosmos 94.1 Landbou

Landbou Konferensie vind vandag en môre plaas...


Listen Later

Die organiseerders van die Landbou Konferensie sê die geleentheid sal vandag en more by die Safari Hotel in die hoofstad plaasvind. Michael Iyambo, die Voorsitter van die komitee wat die konferensie reël sê die byeenkoms is krities. In 1990 het landbou 10 persent aan die land se ekonomie bygedra en tans is die bydrae net 4 persent. Iyambo, die Voorsitter van beide die Akkerbouraad en die Agribank se Raad, sê die sektor is krities en moet weer opgebou word. Die komitee het volgens hom in Mei samesprekings gehou met beide die privaat en openbare sektore om ‘n agenda vir die konferensie op te stel.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Kosmos 94.1 LandbouBy Kosmos 94.1