In episode 2 van Landboumark Voorslag vertel ՚n entrepreneur hoe hy met min ondervinding in die staalkonstruksiebedryf ՚n onderneming gekoop en laat floreer het. Sedert 2009 het Jaco Hefer van Master Steel Structures – van ’n Vrystaatse groentjie wat nie eens geweet het wat steierwerk is nie tot die eienaar van ’n onderneming wat staalstrukture landwyd en in Wes-Afrika oprig – ’n “staalsterk” reputasie gebou danksy gehalte, deursettingsvermoë en vertroue.
Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com. Landboumark