Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
September 29, 2024Leefwêreld van die gestremde 29 September 2024Ons vind meer uit van die Intersektorale Globale Aksieplan vir Neurologiese Toestande van die Wêreld Gesondheidsorganisasie. Dit is 'n inisiatief ter ondersteuning van mense met epilepsie en ander neurologiese toestande. En, ‘n ma deel die lief en leed om ‘n kind met ‘n gestremdheid groot te maak....more21minPlay
September 22, 2024Leefwêreld van die gestremde 22 September 2024In die tweede en laaste deel van ons reeks oor toeganklikheid, fokus ons op kantoorspasies en vergaderlokale. Wêreld-Alzheimersdag word op 21 September herdenk. Wat is die tekens en simptone? Wat is die verskil tussen gewone verouderingsvergeetagtigheid en Alzheimers?...more26minPlay
September 15, 2024Leefwêreld van die gestremde 15 September 2024In die eerste deel van 'n kort reeks oor hoe om omgewings, dienste, programme en produkte toeganklik te maak vir alle persone met gestremdhede, fokus ons op parkeerareas, ingange en ontvangslokale. En ons hoor hoe dowe leerders horende laerskoolleerders help om in gebaretaal te gesels....more21minPlay
September 08, 2024Leefwêreld van die gestremde 8 September 2024Daar is belangrike navorsingsnuus gedeel by 'n konferensie aar die fokus op outisme geval het. September is wêreldwyd Alzheimers bewusmakingsmaand. Ons hoor van verskeie projekte in dié verband....more23minPlay
September 01, 2024Leefwêreld van die gestremde 1 September 2024Ons kyk na die tekort aan dienste vir persone met gestremdhede in die Bo-Karoo in die Noord-Kaap. ‘n Doktorale student vertel van haar studie wat handel oor ouer word. Die uitdagings is baie dieselfde as om met ‘n gestremdheid te leef....more25minPlay
August 25, 2024Leefwêreld van die gestremde 25 Augustus 2024Ons vind meer uit van ‘n inisiatief waar mense hulle stories vir mekaar vertel. Mense ontmoet mekaar wat nie normaalweg nie met mekaar in hierdie soort gesprekke sou tree nie. ‘n Boesmanvrou wat as toergids vir mense van haar kultuur vertel, praat oor hoe sy haar skielik in die wêreld van ‘n persoon met ‘n gestremdheid bevind, in ‘n gemeenskap wat nie juis sensitief of bekend is met mense met gestremdhede is nie....more25minPlay
August 18, 2024Leefwêreld van die gestremde 18 Augustus 2024Wat is die verskil tussen ortotika en prostetika? Wat is die oorsake van die verskilllende vorme van amputasies? Ons fokus ook op die rol van Downsindroom SA, en van die suksesse en pogings tot ‘n inklusiewe gemeenskap....more24minPlay
August 11, 2024Leefwêreld van die gestremde 11 Augustus 2024Hoe kan volwassenes met ‘n intellektuele gestremdheid tot volle potensiaal ontwikkel in beskermde omstandighede? Dr. Magdie van Heerden gee raad aan families wat met die werklikhede en praktiese implikasies van intellektuele gestremdhede gekonfronteer word. Ons fokus ook op bewustheid van die praktiese uitdagings van mense met Downsindroom. Daar is pogings om jong kinders te sensitiseer en ontvanklikheid te bevorder teenoor mense met Downsindroom....more23minPlay
August 04, 2024Leefwêreld van die gestremde 4 Augustus 2024‘n Voormalige Mej. Doof SA vertel van die voordele om sowel gebaretaal as gesproke taal te praat. Sy het op haar 17de verjaardag haar kogliêre inplanting ontvang, en vertel van die mooiste woord wat sy eerste gehoor het. Ons hoor ook van vyf vriende se eiesoortige pelgrimsreis in die Wes-Kaap. Hulle stap honderde kilometer om geld in te samel vir kwesbare kinders en kinders met gestremdhede....more22minPlay
July 28, 2024Leefwêreld van die gestremde 28 Julie 2024‘n Pop is internasionaal bekendgestel met die doel om bewusmaking te skep vir blinde persone, wat wit kieries as hulpmiddel gebruik. Daar is al geruime tyd ‘n pop in ‘n rolstoel en een met prostese op die winkelrakke. Wat staan jou te doen as jou gidshond toegang tot ‘n openbare spasie geweier word. Kom hoor meer van gidshonde en die fasiliteerders wat hulle oplei as dienshonde....more24minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.