In hierdie onderhoud gesels Anton Olwage met Philecia Erasmus, ’n gekwalifiseerde dieregedragkundige van Barks and More. Hulle spesialiseer in honde-opleiding en gedragskonsultasies in Centurion en Pretoria-Oos. Van hondjies vanaf 8 weke oud tot senior honde – elke dier kan leer en verbeter. Barks and More bied groepklasse, privaat sessies by die huis en professionele gedragsadvies om ’n gebalanseerde en gelukkige troeteldier te help vorm. Vir navrae, e-pos: [email protected]