Liefde en waarheid is die sentrale tema van Johannes se briewe. Jesus het vir 'n selfsugtige, stukkende wêreld kom wys hoe lyk ware liefde. As kinders van God is liefde en waarheid die waardes waarvolgens ons lewens gerig word. Ons het lief omdat God ons eerste lief gehad het.