Liverpool het sy laaste top ligatitel in Engeland in die 1989/90 seisoen gewen, en sederdien het hierdie kroon die span van Anfield verskeie kere ontwyk. Twee seisoene van só naby, maar tog so ver is opgevolg met ‘n manjefieke vertoning in ‘n seisoen wat byna deur die Covid-pandemie in die wiele gery is. Dertig jaar ná hulle laaste titel, kon Liverpool uiteindelik spog dat hulle die topspan in Engeland is.