Talle boere en voerkraaleienaars weet eerstehands watter skade longkwale vir ’n beesboerdery kan inhou. Alhoewel longontsteking ’n multifaktoriale siekte is en ’n groot verskeidenheid virusse daartoe kan lei, word besmetlike beesrinotrageïtis gereeld in kuddes en voerkrale gediagnoseer. Dr Faffa Malan, bekende Suid-Afrikaanse veearts is ons gas vanoggend om meer hieroor te gesels....