Jesus is die Alfa en Omega, uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Hierdie groot God droog ook trane af en gee lewende water aan dié wat dors is. Daar wag 'n ewigheid vir ons in Sy teenwoordigheid! Wanneer hierdie stukkende wêreld ons seermaak is ons gebed saam met die vroeë kerk: Maranata! Kom Here Jesus!