Plaaslike media berig dat daar groot uitdagings is met die volhoubaarheid van Meatco. Die berigte is gebaseer op ‘n verslag deur Rainer Ritter, ‘n Onafhanklike Analis. Volgens Ritter sal Meatco uiteindelik likwideer as kostes nie gesny word nie. Melding word gemaak van verskeie faktore wat ‘n 106 persent verhoging in betaling vir raadslede van 2009 tot 2010 insluit. Volgens Ritter moet ‘n komitee aangestel word om die vleis-industrie weer winsgewend en volhoubaar te maak. Dr Omu Kakujaha-Matundu van die Ekonomiese Fakulteit by Unam gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die kwessie...