Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Meer oor nuwe meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

Advent 2022:  'n Kers vir hoop, een vir vrede, een vir vreugde en die laaste een vir liefde 

Op Sondag 27 November begin die nuwe kerklike jaar vir christene wêreldwyd.  Dit is die periode wat bekend staan as Advent.  Vir vier weke lank steek ons elke Sondag ’n kers aan in ons erediens, 'n kers vir hoop, een vir vrede, dan een vir vreugde en die laaste een vir liefde.  En dan, wanneer Kersdag aanbreek het Advent ook tot 'n einde gekom.   

Die woordeboeke leer ons dat die woord “Advent” van die Latynse woord “Adventus” afstam. Dit het oorspronklik beteken dat jy die koms van 'n belangrike persoon of 'n belangrike gebeurtenis inwag.  Iets groots gaan gebeur.   

https://youtu.be/5r7cRd3zwqI

'n Ander Latynse woord wat amper soos “adventus” klink is “advenire”. Dit is waar ons woord in Engels “adventure” vandaan kom.  Advent is inderdaad 'n avontuur, want dit gaan oor die toekoms!  Behalwe dat ons besig is om voor te berei vir Kersdag om aan te breek; wag ons eintlik vir 'n ander belofte om te realiseer:  die tweede koms van Jesus.  

Die toekoms hou altyd die moontlikheid van 'n avontuur in.  In hierdie geval is Advent die avontuur saam met God, terwyl God besig is om die wêreld nuut te maak. 

Ek wil jou uitnooi om in Desember die avontuurskoene van geloof aan te trek en na te dink oor hoe God 'n wêreld wil verander met hoop, vrede, vreugde en liefde.

Kom leer die #Advent Avontuur met 31 meditasies oor 31 dae beter ken. Jy kan hierdie dagstukke of saans, of soggens per whatsapp ontvang.  Elke dagstuk word afgerond met 'n bypassende musiekstuk.  Jy kan dit ook op my webwerf, Facebook of Instagram lees, of as 'n potgooi op alle groot potgooiplatforms soos Spotify luister. Onthou, daar is ook elke aand 'n aandgebed op Instagram en Facebook.


Ek nooi jou uit om die daaglikse meditasie-boodskap op Facebook, Instagram en op ons webwerf te lees en op potgooi-platforms daarna te luister. 

Klik en lees meer oor die reeks:   https://ronellbezuidenhout.co.za/advent


Alhoewel ek afhanklik is van vrywillige donasies om hierdie bediening lewensvatbaar te hou, herinner ek mense gereeld:  dit ‘n gratis bediening wat oor kontinente heen versprei word.  Bydraes wat gegee word is volgens elkeen se persoonlike omstandighede.  


Agtergrondmusiek: 

Deon Meiring se lied  “Gee ons rus”.  Hy het dit tydens 2016 se Kersseisoen geskryf. 

#pelgrims #leefhoop #elkedag

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout