Die idees wat studente het, kan soms ‘n klomp probleme vir Suid-Afrika oplos. Hoe kan daardie idees in ‘n onderneming geskep word? Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie het ‘n projek begin om hierdie idees te omskep in ‘n volwaardige besigheid. Dit word gedoen deur ‘n student te ondersteun deur verskeie ondersteuningnetwerke by ‘n universiteit. Elsje van Jaarsveld praat met Nickey Janse van Rensburg van die Universiteit van Johannesburg oor die tegnologiestasie-program.