Elsje van Jaarsveld voer gesprekke met slagoffers van geslagsgeweld. Die doel van die program is om mense wat moontlik in dieselfde situasie is, te bemoedig. Martin Pelders vertel hoe hy as kind mishandeling beleef het, en later deur sy vrou fisies aangerand is. Hy het na aanleiding van dié ervaring, ‘n nie-winsgewende organisasie gestig wat mans, wat mishandel is, ondersteun.