Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik hoe die drie stembriewe sal lyk, wat kiesers op stemdag ontvang, asook hoe die stemproses werk. Hy verduidelik ook die verskillende maatreëls wat in plek is om te verseker dat geen stemme bederf word nie.