Elsje van Jaarsveld voer gesprekke met slagoffers van geslagsgeweld. Die doel van die program is om mense wat moontlik in dieselfde situasie is, te bemoedig. Leyonie Marais vertel haar lewensverhaal. As klein dogtertjie het sy aanskou hoe haar pa haar ma erg mishandel, terwyl sy dikwels probeer het om jaar jonger broer te beskerm teen die geweld in die huis. As tienermeisie is sy herhaaldelik deur familielede seksueel misbruik, tot sy op ‘n dag wou vlug uit die huis.