Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.
August 22, 2017MiddagvervolgverhaalLouw lig Blikkies in dat Rachel blykbaar teruggetrek in die woonstel waar sy en Alet voorheen gewoon het. Klets verneem dat Blikkies 'n brief vir sy seun geskryf het, en besluit sy gaan sorg dat Blikkies en sy seun herenig. Pieter word aangerand by die skool deur Dewald....more16minPlay
August 21, 2017MiddagvervolgverhaalKlets en Sannie kry amper 'n boete wanneer hulle die tweedehandse klere by die taxihalte gaan verkoop. Blikkies gee vir Louw 'n brief om aan Blikkies se seun te gee waarin hy vergifnis vra. Klets verneem by Blikkies dat die dokters hom minder as 'n maand gegee het om te leef....more15minPlay
August 18, 2017MiddagvervolgverhaalKlets kom met 'n plan vorendag om Sannie te help om haar huur betaal. Pieter laat glip aan Sannie dat hy vir Blikkies bloed sien hoes het. Moolman vra Nico om sy oë en ore te wees, en uit te vind wat die polisie soek....more15minPlay
August 17, 2017MiddagvervolgverhaalSannie konfronteer Blikkies oor hoekom hy sy vriend Louw Visagie in die polisie genader het. Visagie lê besoek af by Frans en vra hom uit oor die selfone wat hy by die Nigeriër gekoop het. Blikkies bieg teenoor Pieter dat hy bloed hoes en vra hom om nie vir Klets te vertel nie....more13minPlay
August 16, 2017MiddagvervolgverhaalSannie bieg teenoor Pieter dat sy bekommerd is oor Frans, en vra Pieter om 'n kombers vir Frans te vat. Klets vertel vir Sannie dat speurder Louw Visagie by Blikkies kom kuier het. Sy dink dit het iets te make met Frans. Louw maak kontak met Pieter, en vra hom uit oor die selfone....more15minPlay
August 15, 2017MiddagvervolgverhaalFrans is ontsteld wanneer Nico hom vertel dat Rachel moontlik by Moolman se nagklub as ontkleedanseres werk. Klets is nuuskierig om uit te vind waaroor Blikkies en Louw Visagie gesels. Blikkies vra Louw om Frans en Rachel uit Moolman se kloue te red....more14minPlay
August 14, 2017MiddagvervolgverhaalKlets wil Blikkies versorg, maar hy is 'n moeilike pasiënt. Nico kry 'n boodskap van Frans om hom te ontmoet oor die selfone. Pieter vertel vir Blikkies van die gesteelde selfone waarmee sy pa en Nico smous. Blikkies besluit om vir Frans die skrik op die lyf te jaag, en so te verhoed dat Frans gevang word...more13minPlay
August 11, 2017MiddagvervolgverhaalSannie skop vir Frans uit, en sê hy moet die tent vat en by Groendam gaan bly, want dan is hy naby Giel se Gat om verder te drink. Pieter vra Nico om saam met hom te gaan om te kyk of Rachel by Moolman is. Blikkies word uit die hospitaal ontslaan en huis toe gestuur ná sy operasie. Klets sal hom versorg....more14minPlay
August 10, 2017MiddagvervolgverhaalSannie is verbaas wanneer sy uitvind dat Rachel terug is, en wil weet wat verkeerd geloop het met Alet. Pieter gaan soek vir Frans by Giel se Gat nadatFrans die vorige aand nie huis toe gekom het nie. Sannie is ontsteld wannear Frans dronk opdaag en boonop vir Moolman saamgenooi het om by hulle te kom eet....more14minPlay
August 09, 2017MiddagvervolgverhaalRachel besluit om by Alet se woonstel uit te trek en tydelik weer by Sannie en Pieter in die karavaan te gaan bly. Moolman pak die skuld op Alet dat Rachel nie meer by die nagklub wil dans nie, en vra haar om uit die woonstel te trek. Nico vertel vir Moolman dat hy Frans by Giel se Gat sal vind....more12minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.