Australië se minister van Klimaatsverandering en Energie, Chris Bowen, sê die regering moet ʼn streng teiken stel vir vrystellingvermindering teen 2035. Hy het die langverwagte Nasionale Klimaatrisiko-beoordeling vrygestel wat Australië se eerste omvattende uiteensetting gee van die gevolge wat die klimaat inhou. Die verslag beklemtoon die verhoogde gevaar van hitte-verwante sterftes, wat miljoene kan bereik, en stygende seevlakke in Australië se digbevolkte kusgemeenskappe. Bowen sê na ʼn dekade van ontkenning en vertragings, tree die regering op teen klimaatsverandering: