Minkie se Kombuis - Kuiers om die Kombuistafel

Minkie se Kombuis - Kuiers om die Kombuistafel

By Minkie se KombuisEducationSelf-Improvement
Download on the App Store

Minkie se Kombuis - Kuiers om die Kombuistafel episodes

  • #9 - Beste wenke vir Effektiewe kommunikasie!

    Program Notas

    Het jy al ooit n baie snaakse grappie vir n groep mense vertel en dan lag niemand vir jou grappie nie? Of dalk het jy n diep boodskap wat regtig awesome is en die gehoor kyk jou aan asof iets jou by die deur ingedra het!

    Ag aardetjie tog, Wat maak n mens dan? Hoe kry jy die gehoor se aandag sodat jy jou perfek uitgewerkte toespraak en boodskap by hulle kan uitkry? En nog erger, wat help vir al die senuwees op die verhoog?

    Wel, vandag het ons n baie spesiale gas in die studio wat nie net vir ons n paar waardevolle wenke gaan gee nie, maar ons ook gaan help om ons aanlyn vergaderings met meer selfvertroue en produktieweteit aan te bied.

    Laai Haupt Feldtmann se boek hier af:  https://minkiesekombuis.co.za/freebies

    Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021

    Volg ons gerus op Sosiale Media by:

    Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis

    Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

    Website: www.minkiesekombuis.co.za

    34 min
  • #8: Leer ken jouself met Lynette Beer

    #8: Leer ken jouself met Lynette Beer

    Is jy geel, groen, blou of rooi? As hierdie vir jou soos n strik vraag klink, kan ek jou verseker vandag se episode gaan jou op die punt van jou stoel laat sit. Ek het vandag n groot verassing vir al my luisteraars, en ek kan nie meer opgewonde wees om vandag die studio saam met niemand anders as Lynette Beer te deel nie.

    Lynette is bekend vir haar waardevolle bydraes op Ontbytsake & Finesse Voelgoed Tydskrif

    In vandag se episode deel Lynette Beer al die verskillende kleure in persoonlikhede wat ons kry en hoekom dit vir ons elkeen belangrik is om onsself en ons geliefdes se kleure te verstaan.

    Dis veral belangrik, veral in vandag se lewe, dat ons onsself ontdek en bewustelik sal oplet hoe ons ander mense laat voel, hulle temperamente leer ken en dat ons terselfdetyd ons emosies reg bestuur.

    Lynette Beer se webtuiste: www.lynettebeer.co.za

    Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021

    Volg ons gerus op Sosiale Media by:

    Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis

    Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

    Website: www.minkiesekombuis.co.za

    42 min
  • #7 - Hoe om jou emosies reg te bestuur

    Deesdae is selfversorging op almal se lippe en het jy al gewonder wat dit regtig beteken? Wanneer is dit okay om na jouself om te sien en wanneer kan dit gesien word as n selfsugtige taak?

    Vir my beteken selfversorging nie juis spa-uitstappies en wyn saam met vriendinne nie - dit ook, maar ek dink die aandag moet ook geskenk word aan n mens se eie emosionele gesondheid.

    As jou emosionele welstand vir jou n prioriteit is, moet dan nie die 7de episode van Minkie se Kombuis misloop nie!

    E-Boek: Hoe bly mens Positief wanneer alles om jou Negatief voel

    Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021

    Volg ons gerus op Sosiale Media by:

    Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis

    Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

    Website: www.minkiesekombuis.co.za

    13 min
  • #6 - Nr 1 Selfvertroue Wenk wat jou lewe sal verander

    Al ooit gewonder wat is die verskil tussen die girl wat vol selfvertroue is en die een wat skaam en teruggetrokke voel? Die een geheim agter hoe om in jou eie reg te staan en te voel jy kan die wereld oorwin?

    Wel, in hierdie episode kyk ons na een groot geheim hoe om meer selfvertroue te kweek en te voel dat jy in jou eie reg ook kan vasstaan! Baie welkom by die 6de episode van Kuiertjies om die kombuistafel.

    Luister gerus na hierdie pragtige ou storie van Pinkelnolsie en leer meer oor hoe kolletjies & sterretjies jou lewe kan verander

    Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021

    Volg ons gerus op Sosiale Media by:

    Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis

    Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

    Website: www.minkiesekombuis.co.za

    19 min
  • #5 - Super Cool Dinge Wat Jy Besef Soos Jy Ouer Word!

    Super Cool Dinge Wat Jy Besef Soos Jy Ouer Word!

    Is dit nie n salige maar woelige reis om ouer te word nie? Op 40 besef ek daars diamante in n wyser en kalmer lewe! Welkom by die 5e episode van Minkie se Kombuis waar ons lekker gesels oor die pret van ouer word!

    Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021

    Volg ons gerus op Sosiale Media by:

    Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis

    Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

    Website: www.minkiesekombuis.co.za

    7 min
  • #4 - Skinderstories was afbreek

    n Lekker Skinderstorie

    Was jy al in n situasie waar n kollega in jou kantoor net vinnig vir jou kom vertel van Sandra se man wat haar verneuk het, en omdat jy nie ongeskik wil wees nie, bly jy maar eerder stil en luister na al die stertjies en stories.

    Maar in jou hart voel jy so geirriteerd oor die skinderstorie en nou is jy ook daarby ingesleep.

    Dalk was jy al n Sandra waaroor die mense so skinder. Haar man het haar immers met n jonger bokkie verneuk, en dit maak n lekker skinderstorie.

    Baie welkom by die 4de episode van Minkie se Kombuis! Bly gerus ingeskakel vir vandag se mandjie vol liefde en advies!

    Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021

    Volg ons gerus op Sosiale Media by:

    Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis

    Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

    Website: www.minkiesekombuis.co.za

    9 min
  • #3 - Die 5 Sekonde Reel

    Die 5 Sekonde Reel

    Het jy al gewonder hoekom is dit so moeilik om die klein dingetjies in jou lewe reg te kry wat jy weet jou lewe gaan verbeter? Dis amper asof jy in die modder vassit tussen jy weet wat om te doen maar jy kry jouself net nie sover om dit wel te doen nie?

    Mens noem dit die "Kennis Strik". Jy het die kennis om jou lewe te verander maar jy kry jouself nie sover om oor te gaan in aksie nie.

    As hierdie situasie spot-on is vir jou, of jy ken dalk iemand wat so voel, bly gerus ingeskakel vir die derde episode van Minkie se Kombuis

    Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021

    Volg ons gerus op Sosiale Media by:

    Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis

    Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

    Website: www.minkiesekombuis.co.za

    11 min
  • #2 - Kry die Selfvertroue wat jy verdien!

    Ohhhh boy, as die selfvertroue gremlin eers sy kop uitsteek, dan hardloop ek sommer die vlaktes in.

    Baie welkom by die 2de episode van Kuiers om die kombuistafel, en in hierdie episode ontdek ons n paar belangrike strategiee wat n mens moet implimenteer as jy meer selfvertroue wil he.

    Wat beteken dit nou eintlik om selfvertroue te he? Wel wat ek verseker weet is dat dit beteken nie jy dink jy is beter as ander mense nie.

    Om selfvertroue te he beteken wel dat jy dit nie nodig ag om jouself met ander mense te vergelyk nie. Dit beteken jy ken jou waardes en jy weet wat belangrik vir jou is in die lewe.

    Ek het eenkeer iets raakgelees wat my nogals laat dink het. Dit gaan oor die voeltjie wat styf vasklou aan die takkie terwyl die wind verwoed waai. Daai voeltjie se vertroue is nie in die takkie, wat enige tyd kan breek, nie. Sy vertroue is in sy vermoe om te kan vlieg. Daai ou klein voeltjie weet wat belangrik is, en hy het vertroue in sy vlerkies.

    Bepaal jou waardes - dokument link:  https://mailchi.mp/minkiesekombuis/waardes

    Teken gerus hier aan vir ons weeklikse kuiertjies om die kombuistafel epos:  https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021

    Volg ons gerus op Sosiale Media by:

    Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis

    Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

    Website: www.minkiesekombuis.co.za

    9 min
  • #1 - Is jy op Outopilot?

    Ek is so opgewonde om hierdie heel eerste potgooi episode met jou te deel!

    Skop jou skoene uit, trek n notaboek nader en gooi vir jou n lekker glas wyn, want in hierdie episode raak ons intensioneel oor 2021.

    Vandag se program is propvol praktiese wenke om jou beste jaar doelgerig aan te pak, lekker stories wat ons hartsnare tokkel en diep vrae wat ons op die punt van ons stoel laat sit.

    Is jy reg om jou beste self te ontdek?

    Volg ons gerus op Sosiale Media by:

    Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis

    Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/

    Website: www.minkiesekombuis.co.za

    12 min

About Minkie se Kombuis - Kuiers om die Kombuistafel

From the publisher's feed

n Lekker Kook en Leefstyl Joernaal in Afrikaans