
Sign up to save your podcasts
Or


In Episode 4 van die InWording Podcast gesels Teodor met Francis Coertzen.
Francis is die geestelikeleier van die senior jeug by Moreleta Kerk. In hierdie episode deel sy haar storie – van haar ouers se egskeiding en hoe sy haar roeping ontdek het, tot haar universiteitslewe en die besluit wat sy en haar man geneem het om nie kinders te hê nie.
In hierdie week se episode van die InWording Podcast gesels Teodor met PC Pretorius. Hulle delf in PC se storie—’n verhaal wat al begin het nog vóór sy geboorte—die diep invloed van sy oupa, en die pad van amper opskop na roeping en leierskap.
In Episode 1 van die Inwording Podcast gesels Teodor met Ian Dubery.
Ian deel sy besondere getuienis – hoe hy reeds as kind die roeping tot bediening ervaar het. Hy praat oor sy jare in ’n rolstoel, die uitdagings wat daarmee saamgekom het, en wat ware intimiteit met God en met mense regtig beteken.
’n Eerlike, diep gesprek oor roeping, broosheid en genade.
In hierdie episode gesels Teodor met Marietjie Glas. Marietjie deel eerlik oor een van die moeilikste seisoene in haar lewe – haar man se kankerdiagnose – en die belofte wat Jesus vir hulle gegee het waaraan hulle vas moes hou.
Sy praat ook openhartig oor haar siening van vroue in die bediening en hul rol in die kerk. Verder deel sy haar hart vir kinderbediening, hoe sy worship beleef, en hoe dit was om groot te word as ’n dominee se kind – ’n identiteit wat op ’n stadium ’n groot deel van haar lewe gevorm het.
’n Eerlike en hoopvolle gesprek oor roeping, identiteit en God se trou in moeilike tye.
In hierdie episode van die J-I Kurwe Podcast gesels ons met Alwyn van Jaarsveld oor Business by the Book se Hoofstuk 18 – Maatskappye en Vennootskappe. 🤝 Hoe behoort Christene te dink oor die strukture waarin ons besighede funksioneer? Idelette deel waardevolle insigte oor die verskil tussen ’n korporasie en ’n vennootskap, en hoe Bybelse beginsels ons kan lei om regverdige en God-gesentreerde besluite te neem in hierdie verhoudings. 👉 Beskikbaar op Spotify, Apple Podcasts en YouTube. Teken in, luister saam en deel dit met iemand wat hierdie boodskap moet hoor.
In hierdie episode van die J-I Kurwe Podcast gesels ons met Pierre van der Watt oor Bybelse Besigheidsdoelwitte. 🎯
Wat beteken dit om jou doelwitte te stel volgens God se riglyne, en hoe kan dit jou besigheid help floreer op ’n manier wat Sy Koninkryk eer? Pierre deel praktiese insigte en beginsels wat jou help om jou visie en strategie Bybels geanker te hou.
In hierdie episode van die J-I Kurwe Podcast gesels ons met JJ Agenbag, direkteur van Aim Projects, oor Hoofstuk 2 uit Business by the Book – Basiese Bybelse Minimums.
Ons verken die noodsaaklike Bybelse beginsels wat elke Christen besigheidspersoon behoort te verstaan en toe te pas. Hierdie minimums bied ’n duidelike rigtingwyser en ’n vaste fondament vir jou besigheid én jou persoonlike lewe.
In hierdie hoofstuk gesels Cindy du Plessis oor hoe om jou persoonlike lewensdoelwitte te ontdek, te verfyn en met selfvertroue na te streef. Ons delf in praktiese wenke vir doelwitstelling, hoe om struikelblokke te oorkom, en die kuns om jou daaglikse lewe in lyn te bring met jou waardes en drome. Of jy nou groot planne het of net jou volgende stap wil uitfigure, hierdie gesprek gee jou die inspirasie én die gereedskap om dit moontlik te maak.
🎙️ Hierdie week gesels Deon van den Berg met Jakes oor Hoofstuk 8: Jou Besigheid en Jou Huwelik uit Business by the Book. ’n Kragtige gesprek oor hoe jou verhouding en jou roeping saamwerk – en hoe om balans te bring tussen die twee.
🎧 Episode 2: ’n Radikale Benadering tot Besigheidsbestuur
In hierdie episode van J-Impak kurwe gesels ons met John Le Roux oor Hoofstuk 1 van Business by the Book – A Radical Approach to Business Management.
Wat maak Bybelse besigheid radikaal anders? Ons delf in God se model van bestuur wat kontrasteer met die wêreld se definisie van sukses. John deel uit sy eie pad as entrepreneur wat leer om Christus as CEO te sien — nie net in beginsel nie, maar in praktyk.
✝️ Ontdek hoe gehoorsaamheid, diensbaarheid en vertroue in God die kern vorm van ware koninkryksbestuur.
’n Weeklikse Afrikaanse podcast van Moreleta Kerk — waar geloof en besigheid mekaar ontmoet vir bemagtiging, inspirasie en geestelike rigting.