MotoGP het vanjaar die verbeelding van Suid-Afrikaners aangegryp toe die twee Binder-broers, Brad en Darryn, elkeen 'n Grand Prix gewen het. Brad het die Tsjeggiese MotoGP Grand Prix gewen, en Darryn die Moto3 Katalaanse Grand Prix. Fritz Klaaste kyk na die geskiedenis van hierdie sport wat vanjaar 71 jaar oud is, die 2020 seisoen, en die Binder-broers se prestasies.