Het jy geweet meer as 21 000 gevangenes wat op parool vrygelaat is, maak ’n gek van die land se paroolstelsel, want hulle paroolbeamptes het geen idee waar die geparooldes hulle bevind nie? Ons kyk na die Wes-Kaap se LEAP-polisiemag, die gapings in die SA Polisiediens, parool en borgtog.