Hoe begin ‘n mens om ‘n klein dorpie in die middel van die droë Karoo te verfraai? ’n Boervrou het begin skoonmaak en netjies maak, en die res volg nou. Sy vertel hoe alles begin het, waar sy bome kry en die lesse wat sy reeds geleer het. Plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld vertel ook meer oor die inheemse plantegroei van die Karoo.