‘n Sederboom wat weer uitloop na ’n veldbrand, Hoëveldse proteas, en pragtige kassuurbome en wilde apersiestruike – dis enkele van die inheemse plante van die Hoëveld. In dié episode ontsluit plantkundige dr. Ernst van Jaarsveld verder die geheimenisse van die inheemse bome en struike van die Hoëveld om dorpenaars te help om hulle dorpe en streke te vergroen.