Vier jong Noorweegse argitekte wil as deel van hulle Meestersgraad-studies help om oplossings te vind in die informele behuisingsektor. Hulle deel enkele idees aan die begin van 'n besoek van twee maande aan Suid-Afrika. Hulle is deel van die span van die Universiteit in Trondheim, wat die Shackbuilder bystaan om nog meer vernuwend te dink oor informele behuising.