Wat mens hier vind is onverwags. ’n Wêreldgehalte tegnologie-ateljee wat reklamevideo’s vir die internasionale mark vervaardig. Onverwags, want die dorp is Somerset-Oos, die Oos-Kaapse dorp aan die Bosberg, en deel van die ruigteveld. Die ateljee staan bekend as die Karoo Tech Hub. Dié breinkind van twee voormalige inwoners van Somerset-Oos, verskaf werk aan 39 mense, bykans almal in hulle twintigerjare. Mari Hudson gesels met een van die spanleiers van dié ateljee.