Met letterlik miljoene mense in Suid-Afrika wat in plakkerkampe bly, maak Quinton Adams, bekend as die Shack Bouer, ’n verskil aan die huisvesting van mense in informele nedersettings. Hy is een van die doeners wat dinge laat gebeur. Hy bou nie net stewige shacks nie, maar lei ook mense op om dié strukture in hulle eie dorpe op te rig. Hy wil die projek uitbrei na die hele land. Kan jou dorp dit bekostig om sonder sy eie shackbouers te bly?