
Sign up to save your podcasts
Or


Dr Winter, hoogsbekwame geneesheer in Chicago ‘n aantal jaar gelede word wakker gebel een uur die oggend. Hul benodig hom dringend by die hospitaal. ‘n Seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk. Daar is niemand wat so bekaam is soos Dr Winter nie. As daar iemand is wat die seun se lewe kan red, dan is dit Dr Winter. Daar is ‘n kortpad deur een van die berugste buurtse in Chicago. Dis ‘n baie gevaarlike roete, maar tyd is min om die seun se lewe te red. Hy waag dit. By ‘n verkeerslig word die motor se deur oopgeruk en ‘n man sleep hom uit. “Ek het jou kar nodig,” is al wat hy sê. Dr Winter probeer verduidelik dis ‘n noodgeval, maar die man gee hom nie kans nie. Dit neem die dokter meer as 45 minute om by ‘n telefoon te kom. Toe hy by die hospitaal kom, is dit té laat. Die seun het gesterf. Sy pa was net betyds om by te wees toe hy sterf, sê hulle. Sal die dokter hom gaan troos in die kapel. In die kapel gekom, herken hy die pa. Dis die man wat sy kar geskaak het. Onwetend het hy die enigste persoon wat sy seun kon red, verhinder om betyds te wees. Ons kan so besig wees om te werk aan ‘n mooi toekoms, dit wat die Een wegstoot wat ons ‘n mooi toekoms belowe [Robert Strand. (1996) Moments for each other. Green Forest, Ar.: New Leaf Press]. Psalm 37:37 “Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede.” Ek nooi jou om saam met my te besin hieroor.
By Francois BredenkampDr Winter, hoogsbekwame geneesheer in Chicago ‘n aantal jaar gelede word wakker gebel een uur die oggend. Hul benodig hom dringend by die hospitaal. ‘n Seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk. Daar is niemand wat so bekaam is soos Dr Winter nie. As daar iemand is wat die seun se lewe kan red, dan is dit Dr Winter. Daar is ‘n kortpad deur een van die berugste buurtse in Chicago. Dis ‘n baie gevaarlike roete, maar tyd is min om die seun se lewe te red. Hy waag dit. By ‘n verkeerslig word die motor se deur oopgeruk en ‘n man sleep hom uit. “Ek het jou kar nodig,” is al wat hy sê. Dr Winter probeer verduidelik dis ‘n noodgeval, maar die man gee hom nie kans nie. Dit neem die dokter meer as 45 minute om by ‘n telefoon te kom. Toe hy by die hospitaal kom, is dit té laat. Die seun het gesterf. Sy pa was net betyds om by te wees toe hy sterf, sê hulle. Sal die dokter hom gaan troos in die kapel. In die kapel gekom, herken hy die pa. Dis die man wat sy kar geskaak het. Onwetend het hy die enigste persoon wat sy seun kon red, verhinder om betyds te wees. Ons kan so besig wees om te werk aan ‘n mooi toekoms, dit wat die Een wegstoot wat ons ‘n mooi toekoms belowe [Robert Strand. (1996) Moments for each other. Green Forest, Ar.: New Leaf Press]. Psalm 37:37 “Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede.” Ek nooi jou om saam met my te besin hieroor.