In 'n wêreld van byna 8 biljoen mense kan jy maklik voel soos 'n nommer. Weet iemand ooit van my? Weet die Here ooit van my? Ons as kinders van die Here het 'n verantwoordelikheid om mense te hanteer en te behandel soos Jesus ons behandel. Ons is nooit vir Hom net 'n nommer nie maar iemand met 'n naam.