
Sign up to save your podcasts
Or


Rosaria Butterfield was ’n universiteitsprofessor, ’n ateïs, en openlik gekant teen die Christelike geloof. Sy het geglo dat Christenskap skadelik is vir mense en intellektueel minderwaardig. Nadat sy ’n artikel geskryf het waarin sy Christelike oortuigings gekritiseer het, het sy talle reaksies ontvang. Een brief het uitgestaan — dit was respekvol geskryf deur ’n predikant wat haar uitgenooi het tot gesprek. Uit nuuskierigheid het sy die uitnodiging aanvaar. Mettertyd het Rosaria en haar lewensmaat maaltye gedeel met die predikant en sy vrou. Daar was geen druk nie — net eerlike gesprek, vriendskap en die lees van die Skrif. Terwyl sy die Bybel ernstig bestudeer het, het sy Jesus leer ken — nie die karikatuur waaraan sy gewoond was nie, maar as Here en Verlosser. Na twee jaar het sy tot geloof in Christus gekom. Haar bekering was haar baie gekos en het groot lewensveranderinge ingehou, maar sy beskryf dit nie as verlies nie — sy noem dit redding. Sy het later geskryf: “Ek het nie ’n Christen geword omdat dit maklik was nie. Ek het ’n Christen geword omdat dit waar is.” Dis altyd so mooi om ’n opregte bekeringsverhaal te hoor. Soos die een in die storie wat die Here Jesus in Lukas 15 vertel, wat ons ken as die gelykenis van die verlore seun. Ons ontmoet die jong man wat geen respek het vir sy pa nie. Hy eis dat sy pa hom laat erf – dis nog voor sy pa dood is. Dis so goed asof hy vir sy pa sê, jy beteken vir my meer dood. Ek soek jou goed; nie vir jou nie. Ons sien sy (1) verkeerde gesindheid teenoor sy pa. Dit kom na vore as hy sê, “Gee my...” Maar dan kom hy opreg tot bekering. Maar iets groots is verkeerd in wat hy glo hom te doen staan. Ons sien (2) sy verkeerde oortuigings van wat sy vader van hom verwag. Dit wys as hy met homself praat oor wat hy alles vir sy pa gaan sê. Vroeër het hy gesê, “Gee my...” Nou sê hy, “ Maak my...Maak my ‘n dagloner.” Mense kom steeds tot bekering. Maar hulle val so maklik in dieselfde slaggat as die seun as hulle nie gesonde geestelike leiding kry nie. Hulle dien God met opregte bedoelings maar met verkeerde oortuigings. Hulle glo hulle moet so leef dat God hulle sal kan aanvaar. Hulle het (3) ‘n verkeerde siening van die Vader se hart. Hy wil nie hê sy seun moet werk vir aanvaarding nie. Vir die pa gaan dit om wat hý vir die seun wil doen. Ware bekering gaan nooit oor in wat ons nou alles vir die Vader moet doen om Hom gelukkig te maak nie. Ware bekering maak dit moontlik vir God om dinge vir ons te doen wat Hy nie kon voor ons bekering nie. Ek het ‘n paar gedagtes hieroor wat ek graag met jou wil deel. https://www.facebook.com/francois.bredenkamp https://www.youtube.com/@HoopNogtans
By Francois BredenkampRosaria Butterfield was ’n universiteitsprofessor, ’n ateïs, en openlik gekant teen die Christelike geloof. Sy het geglo dat Christenskap skadelik is vir mense en intellektueel minderwaardig. Nadat sy ’n artikel geskryf het waarin sy Christelike oortuigings gekritiseer het, het sy talle reaksies ontvang. Een brief het uitgestaan — dit was respekvol geskryf deur ’n predikant wat haar uitgenooi het tot gesprek. Uit nuuskierigheid het sy die uitnodiging aanvaar. Mettertyd het Rosaria en haar lewensmaat maaltye gedeel met die predikant en sy vrou. Daar was geen druk nie — net eerlike gesprek, vriendskap en die lees van die Skrif. Terwyl sy die Bybel ernstig bestudeer het, het sy Jesus leer ken — nie die karikatuur waaraan sy gewoond was nie, maar as Here en Verlosser. Na twee jaar het sy tot geloof in Christus gekom. Haar bekering was haar baie gekos en het groot lewensveranderinge ingehou, maar sy beskryf dit nie as verlies nie — sy noem dit redding. Sy het later geskryf: “Ek het nie ’n Christen geword omdat dit maklik was nie. Ek het ’n Christen geword omdat dit waar is.” Dis altyd so mooi om ’n opregte bekeringsverhaal te hoor. Soos die een in die storie wat die Here Jesus in Lukas 15 vertel, wat ons ken as die gelykenis van die verlore seun. Ons ontmoet die jong man wat geen respek het vir sy pa nie. Hy eis dat sy pa hom laat erf – dis nog voor sy pa dood is. Dis so goed asof hy vir sy pa sê, jy beteken vir my meer dood. Ek soek jou goed; nie vir jou nie. Ons sien sy (1) verkeerde gesindheid teenoor sy pa. Dit kom na vore as hy sê, “Gee my...” Maar dan kom hy opreg tot bekering. Maar iets groots is verkeerd in wat hy glo hom te doen staan. Ons sien (2) sy verkeerde oortuigings van wat sy vader van hom verwag. Dit wys as hy met homself praat oor wat hy alles vir sy pa gaan sê. Vroeër het hy gesê, “Gee my...” Nou sê hy, “ Maak my...Maak my ‘n dagloner.” Mense kom steeds tot bekering. Maar hulle val so maklik in dieselfde slaggat as die seun as hulle nie gesonde geestelike leiding kry nie. Hulle dien God met opregte bedoelings maar met verkeerde oortuigings. Hulle glo hulle moet so leef dat God hulle sal kan aanvaar. Hulle het (3) ‘n verkeerde siening van die Vader se hart. Hy wil nie hê sy seun moet werk vir aanvaarding nie. Vir die pa gaan dit om wat hý vir die seun wil doen. Ware bekering gaan nooit oor in wat ons nou alles vir die Vader moet doen om Hom gelukkig te maak nie. Ware bekering maak dit moontlik vir God om dinge vir ons te doen wat Hy nie kon voor ons bekering nie. Ek het ‘n paar gedagtes hieroor wat ek graag met jou wil deel. https://www.facebook.com/francois.bredenkamp https://www.youtube.com/@HoopNogtans