Hier's vir jou 'n ding... as die verkoopprys van 'n Limousin-vers enigiets is om as maatstaf te gebruik, dan het Covid nie juis 'n impak op Britse beesboere gehad nie. Die vers, Wilodge Poshspice, het pas Brittanje se duurste koei geword toe sy net meer as 5,3 miljoen Namibiese doller op 'n veiling behaal het. Yanna Smith het die besonderhede...