Namibië word by COP30 verteenwoordig deur omgewingminister Indileni Daniel, saam met die Omgewingsbeleggingsfonds se uitvoerende hoof, Benedict Libanda. Hulle het die land se deelname aan drie hoëvlak-gesprekke gelei. Die sessies het gefokus op klimaatsfinansiering, gemeenskapsweerbaarheid en klimaatsgedrewe mobiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se woordvoerder, Romeo Muyunda gesels wat meer inligting gee.