Gernot Eggert, ‘n droëland mielieprodusent en die voormalige Voorsitter van die Akkerbou Produsente Vereniging gesels vanoggend met die landbou program oor die jongste stand van sake by Namibië se akkerbouers. Daar was groot kommer oor die seisoen se opbrengste gedurende Januarie maar met die wydverspreide reënval van die afgelope twee weke is daar nou groot verligting.