Kosmos 94.1

NamPol se reaksietye in parlement geopper


Listen Later

Kommer oor polisie-reaksietye op misdaadvoorvalle en die mobilisering van hulpbronne binne NamPol is in die parlement onder die loep geneem. PDM-parlementslid Winnie Moongo het vrae aan Veiligheid en Sekuriteit-minister Lucia Iipumbu gevra oor wat sy beskryf as volgehoue administratiewe en operasionele tekortkominge wat polisiestasies landwyd raak. Dit sluit in onvoldoende vlootbestuur, swak logistieke koördinering, vertragings in voertuig- en infrastruktuuronderhoud, en die ongelyke verspreiding van operasionele hulpbronne oor streke.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Kosmos 94.1By Kosmos 94.1