Musiekikoon, ma, mentor en kunstenaar Karen Zoid en haar ewe merkwaardige seun, Ben Francis, vertel van hul nuwe show vol visuele kuns en stories, ZOID SPAWN!
Karen maak haar hart oop oor die struikelblokke wat sy die afgelope paar jaar moes oorkom en wat ook as inspirasie vir haar gewilde kerkorrel-vertoning, Zoid Psalms, gedien het.
Ons gesels oor besigheid, kuns en toekomsdrome, en lag oor alles van Ben se eerste woorde tot sy ingebore joernalistieke instinkte. In classic Karen-styl, vang sy my met ’n vraag oor my dogtertjie wat my diep tref en ons groet met nat oë en vol harte.
Geniet hierdie baie spesiale episode — moontlik gemaak deur die beste pizza in SA: Roman’s Pizza!
Dankie Solenco South Africa vir ons lekker verwarmer wat ons studio cozy hou.
Hou ons gesprekke aan die gang deur te Subscribe op Bouwer Bosch YouTube en Narratief met Bouwer Bosch Spotify!