Goeie nuus vir dié wat ook sat is vir Natis se lang rye. Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het in die Nasionale Vergadering aangekondig dat Natis-dienste aanlyn aangebied sal word. Daar sal ook steeds inloop-dienste wees, om lede van die publiek te akkommodeer wat nie internet-verbindings het nie. Dienste soos die leerlinglisensietoets sal opdateer word met nuwe tegnologie. Nekundi het meer.