Verskeie organisasies en partye het gister in Senekal protes gelewer teen plaasmoorde en misdaad in die land - ons hoor by hulle wat hulle verder beplan. Die EFF het ook opgeruk na Senekal - 'n ontleder kyk na wat die party hiermee probeer bereik het. Eskom vra vir geduld terwyl hulle die kragreus probeer regruk. 'n Dag van danksegging word môre by die Theewaterskloofdam in die Wes-Kaap gehou.