Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sê bykans 1-miljoen Suid-Afrikaners het ophou rook tydens die streng inperkingstyd. Pastoor Shepherd Bushiri en sy vrou bly in aanhouding tot Maandag. Die DA vra dat drie brandgeteisterde provinsies tot rampgebiede verklaar moet word. Die eerste Afrikaanse wetenskapfiksie-rolprent maak hierdie naweek sy buiging in fliekteaters.