Ons bring vir jou ‘n in-diepte oorsig oor die jaar se grootste nuusgebeure, plaaslike en internasionaal. Op plaaslike vlak gee ons ‘n oorsig oor die verdwyning van Joshlin Smith en die skuldigbevinding van Joshlin se ma, Kelly Smith, haar vriend, Jacquen Appollis, en Steveno van Rhyn; en die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nahlanhla Mkhwanazi dat die polisiemag en die strafregstelsel deur misdaadsindikate geïnfiltreer is, en dat daar wydverspreide bewerings van korrupsie en politieke inmenging is, en die totstandkoming van die Madlanga Kommissie van Ondersoek en die Parlementêre Ad Hoc-komitee om dié bewerings te ondersoek. Op internasionale vlak gee ons ‘n in-diepte oorsig oor die oorlog in Gasa en die eerste tydelike skietstaking wat bereik is, hoe humanitêre hulp gestaak is en hoe die humanitêre krisis in Gasa vererger; en hoe die politieke landskap in Amerika verander het sedert president Donald Trump vir ‘n tweede termyn ingehuldig is, en hoe die verhouding tussen Amerika en Suid-Afrika oor die afgelope jaar ontvou het.