Die land skuif Maandag na Vlak Drie van die inperking - 'n kenner sê egter dit is nie nodig vir paniek nie; Gemeenskappe in Bethal, Mpumalanga, oorweeg regstappe teen die Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit oor gereelde kragonderbrekings; 'n Sielkundige gee raad aan studente oor hoe om hul studiemetodes te verbeter; en 'n stoffeerder van Texas in Amerika het 'n lied geskryf waarin hy die deursettingvermoë, wilskrag, hardkoppigheid en karaktervastheid van Boere besing.......