Suid-Afrika het deel geword van die Verenigde Nasies se Program vir MIV/Vigs. Die ooreenkoms behels die bekendstelling van 'n koste-ooreenkoms wat die behandeling en bestuur van MIV op 'n revolusionere wyse kan verander in lae- tot middel inkomste lande. Die ooreenkoms kan die beskikbaarheid van die eerste bekostigbare, generiese behandeling bespoedig in die openbare sektor. Dit behels behandeling waarby net een pil gebruik word, en behoort verbruikers jaarliks sowat een-duisend Rand te kos. Marlinee Fouche berig dat die produk, bekend as Dolute-gravir oftewel DTG, deur die Wêreld Gesondheidsoganisasie aanbeveel word as 'n goeie alternatief vir die aanvanklike behandeling van die virus.