Die Nasionale Bloeddiens vra dat mense op 'n gereelde basis bloedplaatjies en plasma skenk. Die streeksbemarkingsbestuurder by die Bloeddiens, Ivor Hobbs, het aan Jean Esterhuizen gesê bloedplaatjies word onder meer gebruik om bloed mee te stol en vir die behandeling van brandwonde. Hy sê bloedplaatjies se lewensduur is egter net vyf dae.