'n Streeks vullisstortingsterrein gaan in die Eden Distrik in die Suid-Kaap gebou word. Die stortingsterrrein gaan dorpe soos Knysna, George en Mosselbaai bedien. Die uitvoerende bestuurder vir gemeenskapsdienste by die Eden Distriksmunisiplaitiet, Clive Africa, sê die multi-miljoen randse stortingsterrein gaan deur 'n privaat-openbare ooreenkoms in Mosselbaai gebou word.